Liefde Wen werk saam met Betereinders om ekologies-vriendelike toilette te bou in Kameeldrift informele nedersetting in Pretoria.

Ons gebruik Enviro-loo wat sonder water werk en nie in die grond insyfer nie.

As mens dink aan weerlose mense, is kinders en oop toilette natuurlik ‘n groot probleem, en ja: mens wil ook op ‘n menswaardige manier jou ding kan doen.

As jy ook ‘n toilet wil borg, kontak ons gerus.