Vandag kry ek ‘n Whatsapp… ”kan ek jou pla?” Vra die persoon… ek dink “dis 15:00 op ‘n Sondag, my tenk is leeg, maar wat…”
Volgende boodskap… “tegniese raad oor slaggat fix”
Dis die beste ‘pla’ wat ek nog gehad het. Gesinnetjie van pa, ma en twee dogters: hulle fix ‘n moooeeeviese gat naby die skool.
Dis ‘n mission.
Hulle nail dit.
(En nog ‘n kleintjie, want hulle kan)
Van gatvol na gat_vol.
Ek gaan vanaand lekker slaap, net oor die spulletjie.
PS: ons Gatvol produk kan in nat gate stick, don’t confuse with cheap fakes.