Adri-Marie is juis ‘n voorslag vrou omdat sy dit nooit sal sê nie. Haar skugter ‘ek doen net my ding’ postuur het gemaak dat sy die afgelope tien jaar ‘n besonderse pad gestap het, met integriteit en moed… onder die radar.
Nou aan die einde van hierdie tien-jaar hoofstuk het Betereinders dit goedgedink om haar te smeek en te oortuig om haar storie te vertel.
Adri-Marie is een van die oorspronklike groep wat die Betereinder beweging help stig het. Hierdie is nou een persoon wat nie net praat nie en ons glo dat die aandagtige hoorder groot waarde uit haar vertelling sal put.
Daar is lesse te leer by Adri-Marie en ons kan dit almal in ons eie konteks toepas.
Click op die ‘link’ hieronder om haar videotjie te sien: